Coping styles and defense mechanisms utilised by patients suffering from irritable bowel syndrome
Abstract
Opsomming
Die doel van die navorsing was om vas te stel of mense wat aan Prikkelbare Dermsindroom (PDS) ly, verskil van nie-Prikkelbare Dermsindroom lyers in terme van hulle hanteringsmeganismes en verdedigingsmeganismes. Die navorsing is in twee studies verdeel, naamlik: die eerste het hanteringstyle bestudeer wat gebruik word deur persone wat aan Prikkelbare Dermsindroom ly en die tweede studie het die verdedigingsmeganismes bestudeer in dieselfde groep. Die steekproef het bestaan uit 30 wit vrouens tussen die ouderdomme van 25 en 55 jaar wat gediagnoseer is met Prikkelbare Dermsindroom. 'n Kontrolegroep, bestaande uit 30 wit vrouens in dieselfde ouderdomsgroep, is ook bestudeer. Die resultate dui op 'n statisties beduidende verskil tussen die Prikkelbare Dermsindroom groep en die nie-Prikkelbare Dermsindroom groep soos gemeet deur die "Ways of Coping Questionnaire", die "Defense Mechanisms lnventory (DMI)" en die "Coping Operations Preference Enquiry (COPE)". Die implikasie van die studies mag van groot waarde wees in die nie-farmakologiese bestuur of beheer van Prikkelbare Dermsindroom. Moontlike rigtings vir toekomstige navorsing word voorgestel.

