Original Research

DIE REALITEIT VAN TRANSKULTURELE VERPLEGING: 'n ETIESE PERSPEKTIEF

Martha J Oosthuizen
Health SA Gesondheid | Vol 7, No 2 | a639 | DOI: https://doi.org/10.4102/hsag.v7i2.639 | © 2002 Martha J Oosthuizen | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 30 November 2002 | Published: 30 November 2002

About the author(s)

Martha J Oosthuizen, Lektrise, Departement Gevorderde Verpleegwetenskappe, Universiteit van Suid-Afrika, South Africa

Full Text:

PDF (509KB)

Abstract

Transkulturele verpleging verwys na die voorsiening van verpleegsorg aan pasiente wie se kulturele waardes, oortuigings en lewenswyse van die van die verpleegkundige verskil. Ten einde hulle etiese verpligting na te kom om sorg van hoogstaande gehalte aan aile pasiente te lewer, moet verpleegkundiges oor die nodige kennis beskik om oor kultuurgrense te verpleeg,Die doel met hierdie studie was om die mate waarin basiese, na-basiese en personeelontwikkelingsprogramme verpleegkundiges toerus om oor kultuurgrense te verpleeg en hul houdings jeens die kultureel-verskillende pasient te bepaal en om spesifieke probleme wat in die verpleging van die kultureel-verskillende pasient ervaar word, te identifiseer. Hierdie navorsing kan as kwantitatiewe navorsing geklassifiseer word, Data in hierdie beskrywende opnamenavorsing is deur mJddel van n vraelys ingesamel, Die navorsing is beperk tot geregistreerde verpleegkundiges in 'n akademiese hospitaal in Gauteng wat werksaam is in afdelings waar pasiente oomag, Aile geregistreerde verpleegkundiges wat aan hierdie vereiste voldoen het, het deel uitgemaak van die populasie, Hierdie metode het verseker dat respondente van al die kultuurgroepe wat in die hospitaal verteenwoordig is ingesluit is. 'n Totaal van 219 geregistreerde verpleegkundiges het vraelyste ontvang. Geen bestaande raelys was beskikbaar nie en die vraelys is deur die navorser ontwikkel. Die vraelys bestaan uit vyf afdelings wat biografiese besonderf7ede, vrae rakende respondente se basiese en na-registrasie opleiding, vrae oor professionele ondervinding, vrae oor respondente se houdings jeens kultureelverskillende pasiente en probleme in transkulturele verpleging insluil. Die verwerking van die data is gedoen met behulp van 'n program wat volgens die SAS-stelsel (Statistical Analysis System) v: 6. 09 geskryf is. Daar is verder ook gebruik gemaak van die UNIX-stelsel vir die ontieding van enkele vrae. Data is verder verwerk met behulp van 'n variansie-analise (ANOVA SS). Die bevindings van hierdie studie dui daarop dat verpleegkundiges wat kultureel-verskillende pasiente verpleeg baie algemene ervarings en probleme deel, Alhoewel hulle dit as 'n uitdaging sien om pasiente van verskillende kulture te verpleeg, is daar gevind dat hulle nie oor die nodige kennis beskik om kultuursensitiewe sorg te verskaf nie. Ander faktore soos die verpleegkundige se houding jeens kultureel-verskillende pasiente, probleme met kommunikasie, wantroue en vooroordeel dra by tot die gebrek aan kultuursensitiewe sorgo Die verpleegprofessie moet aan hierdie probleme aandag gee. Die verpleegprofessie sowel as die hospitaalowerhede het 'n verantwoordelikheid teenoor die lede, werknemers en die pasiente om verpleegkundiges toe te rus met die vaardighede en kennis wat hulle benodig om kultuursensitiewe sorg te verskaf. Probleme wat geldentifiseer is moet aangespreek word en hospitale moet poog om unieke probleme te identifiseer en op te los.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 3191
Total article views: 3085


Crossref Citations

No related citations found.