Informed consent in clinical trials: Perceptions and experiences of a sample of South African researchers
Abstract
Opsomming
Die implementering van ingeligte toestemming (IT) in kliniese proewe bied menige uitdagings, veral in ontwikkelende lande. Hierdie studie het die ervarings en vermelde praktyke betreffende die implementering van IT in kliniese proewe in Suid-Afrika ondersoek. Data is ingewin deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met 'n verskeidenheid van rolspelers in kliniese proewe in twee provinsies. Onderhoude is ontleed om herhalende temas rakende IT te identifiseer. Bevindings toon dat IT-benaderings die voldoening aan formele vereistes sowel as die gebruikmaking van informele metodes behels. Daar is bevind dat navorsingsassistente 'n kritieke rol in die fasilitering van die IT-proses speel. Daar word aanbeveel dat meer erkenning gegee word aan die rol van proefvoorligters in kliniese proewe, dat hulle meer formele opleiding ondergaan, dat hulle beter ondersteuning ontvang en dat daar beter oor hulle toesig gehou word.
How to cite this article:
Van Loon, K. & Lindegger, G., 2009, 'Informed consent in clinical trials: Perceptions and experiences of a sample of South African researchers', Health SA Gesondheid 14(1), Art. #463, 7 pages. DOI: 10.4102/hsag.v14i1.463

