The roots of reds: a rationale for the support of educators affected by the HIV and aids pandemic
Abstract
Opsomming
Die aard van onderwysers se werk het dramaties verander, deels as gevolg van die uitdagings van die MIV- en Vigspandemie. Ten spyte van hierdie veelvoudige en onverbiddelike uitdagings waarmee onderwysers gekonfronteer word, en ten spyte van die talle oproepe tot onderwyserbemagtiging om die MIV-verwante uitdagings die hoof te bied, is daar tot dusver min gedoen om onderwysers te ondersteun. Deur middel van ’n literatuuroorsig beskryf hierdie artikel die MIV- veranderde professionele werklikheid van Suid-Afrikaanse onderwysers en word daar geargumenteer dat geaffekteerde onderwysers ondersteuning nodig het om die situasie te hanteer. Gevolglik word die ondersteuningsprogram “Resilient Educators (REds)” voorgestel as moontlike wyse van onderwyserondersteuning.

