Patients with coronary artery disease – maintaining planned lifestyle adaptations
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om te beskryf hoe pasiënte met koronêre vatsiektes wat een of meer kardiale prosedures ondergaan het, die beplande verandering aan hulle lewenstyl op vier maande na die prosedures handhaaf. Verder het die studie gepoog om riglyne daar te stel wat pasiënte kan help om lewenstylaanpassings vol te hou. ’n Opnamemetode is gebruik om ’n beskrywende studie uit te voer. Die populasie het uit 65 deelnemers (42 mans en 23 vroue) van vyf privaat hospitale in Gauteng bestaan. ’n Vraelys is vanuit ’n konseptuele raamwerk saamgestel. Die vraelys is net voor ontslag aan die deelnemers gegee om te voltooi, en weer telefonies vier maande na ontslag. Beskrywende statistiek is gebruik om die data te ontleed. Die resultate toon dat pasiënte wat aan koronêre vatsiektes ly wel hulle lewenstyl aanpas na ’n kardiale prosedure, hoewel die meeste dit problematies vind om op te hou rook. Dit is noodsaaklik vir pasiënte met koronêre vatsiektes om hulle lewenstylaanpassing vol te hou om sodoende te verseker dat hulle gesondheid gehandhaaf word en herhaling van dieselfde probleme voorkom word. Hierdie aanpassings moet ’n lewenslange verbintenis wees.

