Factors contributing to the decision by pregnant women to be tested for HIV
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die faktore wat die besluit van swanger vroue om vir MIV getoets te word, te verken en beskryf. Dit is gedoen deur middel van verkennende, beskrywende, kontekstuele kwalitatiewe navorsing. ’n Steekproef van 13 swanger vroue het deelgeneem. Inligting is verkry deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude. Hierdie inligting is ontleed aan die hand van ’n protokol gebaseer op ’n kombinasie van ontledingsmetodes. Die drie hooftemas, naamlik faktore wat bydra tot swanger vroue se besluit om vir MIV getoets te word, faktore wat bydra tot swanger vroue se besluit om nie vir MIV getoets te word nie en organisatoriese faktore wat swanger vroue se besluit beïnvloed om vir MIV getoets te word, is in nege subtemas onderverdeel. Gevolgtrekkings en aanbevelings ter bevordering van berading van swanger vroue vir MIV-toetsing, word verskaf.

