The value of routine mid-trimester ultrasound in low-risk pregnancies at primary care level
Abstract
Opsomming
Hierdie studie het die effek van roetine mid-trimester ultraklankskandering op swangerskapsorg en –uitkomste ondersoek. Dit was ’n oop tros, lukrake, beheerde proef. Groepe vroue met laerisikoswanger- skap in die midtrimester is lukraak toegewys vir ’n ultraklank-skandering, gevolg deur voorgeskrewe voorgeboor-tesorg, of vir ’n kontrolegroep wat voorgeboortesorg volgens nasionaal voorgeskrewe protokol sonder skandering ontvang het. Van die 962 vroue wat aan die steekproef deelgeneem het kon data vir 804 (83.6%) suksesvol opgevolg word, met 416 in die ultraklankgroep en 388 in die kontrolegroep. Geen beduidende verskille is tussen die twee groepe gevind ten opsigte van voorgeboorte-hospitalisasie, geboortemetode, miskraamstatistiek, perinatale komplikasies of laegeboortegewig nie. Ultraklankdatering van swangerskappe is met minder kraaminduksie (1.4% teen 3.6%; P=0.049) vir natrimesterswangerskap geassosieer. Roetine ultraklankskandering in laerisikoswangerskap het egter geen verbetering in swangerskapsuitkomste te weeg gebring nie.

