Experiences and perceptions of midwives and doctors when caring for mothers with pregnancy loss in a Gauteng hospital
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die ondervindinge van vroedvroue en dokters te ondersoek terwyl hulle vir moeders sorg wat ‘n miskraam gehad het. Om hierdie doelwit te bereik het die navorser ‘n kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele ontwerp gebruik. ‘n Beskikbaarheidsteekproefmetode is gebruik om dokters en vroedvroue volgens vasgestelde kriteria te selekteer. Data is versamel deur gebruik te maak van gefokusde, semigestrukteerde, individuele onderhoude wat opgeneem en later getranskribeer is. Die data is ontleed deur oop kodering en konseptualisering te gebruik totdat versadigingspunt bereik is. Die sewe dokters en nege vroedvroue wat onderhoude toegestaan het, het hulle ondervindinge en persepsies beskryf tydens hulle werk met moeders wat miskrame gehad het. Dit was uit die resultate duidelik dat beide vroedvroue en dokters die kennis en ervaring ontbreek om moeders die nodige emosionele ondersteuning te gee. Probleme soos personeeltekorte en ’n oorvol saal is vir hulle oorweldigend. Daar word aanbeveel dat verdere navorsing op ‘n groter skaal in publieke hospitale uitgevoer word, ten einde te bepaal of die bevindinge dieselfde resultate sal oplewer. Daar word ook aanbeveel dat ’n beradingsprogram ontwikkel word om gesondheidsprofessionele te help om probleme in die saal te hanteer terwyl die moeders nog versorg word. Die hospitale moet riglyne, beleide en prosedures ontwikkel sodat gesondheidsprofessionele gevalle kan hanteer waar hulle nie die baba se lewe kan red nie. Multidisiplinêre benaderings en konferensies moet gereël word om die oorsake van perinatale verlies te bespreek.

