Parents’ lived experience of providing kangaroo care to their preterm infants
Abstract
Opsomming
Vroeggebore babas en babas met ’n lae geboortegewig stel besondere uitdagings vir Suid-Afrikaanse gesondhiedsdienste. Daar bestaan goeie bewyse dat die kangaroesorgmetode voordelig is vir babas met ’n laegeboortegewig, dog is minimale plaaslike navorsing gedoen oor die ondervindinge van ouers wat hierdie metode gebruik om vir hul vroeggebore babas te sorg. Hierdie fenomenologiese studie verken die geleefde ervaringe van ouers wat vir hulle vroeggebore babas deur middel van die kangaroesorgmetode in ’n tersiêre kraamsentrum in die Weskaap gesorg het. Data is ingesamel deur in-diepte onderhoude met ses ouers te voer: vier moeders and twee vaders van vroeggebore babas. Data is ontleed volgens ’n verwerking van die metodes soos deur Colaizzi (1978:48-71) en Hycner (1985:280-294) beskryf. Om betroubaarheid te verseker, is die betroubaarheidskriteria van Guba en Lincoln (1989:242-243) toegepas. Kangaroesorg is ’n geleidelike proses; elke fase lei tot ‘n unieke stel ondervindinge. Agt temas is uit die data geïdentifiseer: Onverwags, onvoorbereid en onseker - die geboorte-ervaring; angstigheid and hindernisse; ’n intieme verband; aanpassings, rolle en verantwoordelikhede; die meting van sukses; ’n netwerk van aanmoediging en ondersteuning; die uitdagings van binne die hospitaal leef; saamleef met die baba buite die hospital. Uitdagings wat gesondheidspersonnel te voorstaan kom en aanbevelings oor inligting met betrekking tot kangaroesorg en ondersteuning aan ouers word voorgestel.

