Factors determining the vulnerability of women to sexually transmitted HIV: a literature review
Abstract
Opsomming
Geslagsverwante kwesbaarheid word beskryf as ‘n kritieke faktor wat tot verhoogde vatbaarheid van vroue vir MIV bydra, wat die verhoogde besmetting van vroue teenoor mans verklaar. Terselfdertyd word bemagtigings-intervensies aangemoedig as geskikte strategieë om vroue se vermoë om beskermende gedragspatrone aan te neem, te verhoog. Die doel van hierdie oorsig was om die faktore wat geslagsverwante vatbaarheid van vroue vir seksueel oordraagbare MIV bepaal, te identifiseer, vergelyk en kategoriseer. ‘n Literatuurstudie van teoretiese en empiriese studies wat ‘n verskeidenheid metodologieë gebruik het, is onderneem. Verslae bekom deur elektroniese en handsoektogte is ingesluit. Twintig faktore, wat in vyf groepe verdeel is, is geïdentifiseer as dié wat die vermoë van vroue om beskermende gedragspatrone aan te neem, beïnvloed. Elke faktor is ontleed om die samestellende dele en die verband tussen ‘n faktor, geslagsverwante kwesbaarheid, MIV-risikovlak en bemagtigingstatus te beskryf. Verdere analise het ‘n beskrywing van merkers, genoem voorspellers en aanwysers, opgelewer. Die literatuur beskryf merkers wat geïdentifiseer en gebruik kan word om geslagsgelykheidstatus, MIV-risikostatus en verwante bemagtiging te beskryf. Dit bied die moontlik- heid om faktore in geslagsgelykheidstatus en MIV-risikostatus te identifiseer wat aandag moet geniet in programme wat ontwerp is om vroue te bemagtig om hul risiko van seksueel oordraagbare MIV te verlaag.

