Health status of an elderly population in Sharpeville, South Africa
Abstract
Opsomming
Die doelwit van hierdie dwarssnitstudie was ‘n omvattende bepaling van voeding- en gesondheidstatus om as basis te dien vir toekomstige intervensie-strategieë vir ’n groep bejaardes wat ’n dagsentrum besoek. Sosiodemografiese, gesondheid- en 24-uur herroep-dieetinname vraelyste is voltooi en antropometriese en biochemiese metings is geneem. Die resultate het bevestig dat die meerderheid respondente ‘n maandelikse inkomste van tussen R501 en R1 000 (Suid-Afrikaanse rand) gehad het. Die meeste het ‘n geldtekort vir basiese huishoudelike behoeftes gerapporteer wat dui op huishoudelike voedselin-sekuriteit. Daaglikse dieetinnames (gemiddeld± standaardafwyking [SA]) van die vroue was onderskei- delik 5 395±2 946 kJ energie, 47±27 g proteïen, 28±21 g vet en 196±123 g koolhidrate in vergelyking met 8 641±3 799 kJ, 86±48 g, 49±32 g en 301±139 g vir die mans. Die meerderheid (83.6%) van die vroue was oorgewig (liggaamsmassa-indeks [LMI] >25) of vetsugtig (LMI > 30) en 78% het ’n middel-bo-armomtrek (MUAC) van > 21.7 cm gehad. Gemiddelde mikronutriëntinnames was laag in vergelyking met die verwysingstandaarde en serumsink was suboptimaal. Vetsug, hipertensie en verhoogde totale serumcholesterolvlakke het op ‘n verhoogde risiko van kardiovaskulêre siekte gedui. Die resultate het dus bewys dat lae inkomste, huishoudelike voedselin-sekuriteit en die risikofaktore wat met wanvoeding en leefstylsiektes geassosieer word, teenwoordig was.

