Evidence-based nursing interventions and guidelines for prone positioning of adult, ventilated patients: A systematic review
Abstract
Opsomming
Hoewel maaglêposisionering van die pasiënt, wat in ‘n kritieke toestand is, ‘n uitdaging aan verpleegsorg bied, is dit steeds die verantwoordelikheid van die verpleegkundige om dieselfde basiese en kritieke sorg aan pasiënte te lewer in die maaglêposisie as aan pasiënte in die rugliggende posisie. Die doel van hierdie navorsing is eerstens om ‘n sistematiese ontleding van die literatuur te doen as verkennende en beskrywende bewyse van die voordelige verpleegintervensies gedurende maaglêposisionering van geventileerde pasiënte, en tweedens om navorsingsgebaseerde verpleegriglyne op te stel wat die verpleegproses betref. Hierdie verkennende, beskrywende en retrospektiewe sistematiese ontleding sluit data in van 45 kliniese proewe met ‘n totale populasie van 2 148 pasiënte. Data is deur middel van ‘n gestandardiseerde data- ontledingsvorm verkry, vir die metodologiese kwaliteit daarvan geassesseer en in dataonttrekkingstabelle opgesom. Alle statistiese verwerkings vir die meta-analise is deur die RevMan 4.2.8-program gedoen. Maaglêposisionering het beduidende toenames (p < 0.0001) in die arteriële suurstofdruk (PaO2) geweegde gemiddelde verskil (GMV = 11.43) en die arteriële suurstofdruk/fraksie van geïnspireerde suurstof-verhouding (PaO2/FiO2) (GMV = 21.58, 95% CI = 11.36; 31.8) getoon. Die effek van die komplikasie-, oksigenerings-, en hemodinamiese uitkomste in vergelyking met die verskillende maaglêposisione-ringsprotokolle het onbeduidende resultate gelewer. Verpleegriglyne vir maaglêposisionering is opgestel volgens die beste beskikbare navorsingsbewyse. Die tekort aan verpleegsorgverwante artikels oor maaglêposisionering word as ‘n leemte beskou. Op grond van hierdie resultate word aanbevelings gemaak vir verdere studies oor die verpleegsorg van maagliggende pasiënte.

