Opinion of South African pre- and post-menopausal women on the potential menopause-related health benefits of soy and soy products
Abstract
Opsomming
Die toenemende gebruik van alternatiewe behandelings vir menopousale simptome kan aan vroue se veranderende opinies oor konvensionele hormoonvervangingsterapie (HVT) toegeskryf word. Die doel van hierdie studie was om pre- en post- menopousale Suid-Afrikaanse vroue se opinie aangaande die potensiële menopouseverwante gesondheids-voordele van soja te bepaal. Die steekproef vir die studie het uit ‘n subdatastel bestaan van 825 vroue in hul pre- en post-menopousale stadium wat al voorheen van soja gehoor het, en is vanuit ‘n verteenwoordigende steekproef van die volwasse Suid-Afrikaanse metropolitaanse en plattelandse bevolking gekies. ‘n Gestruktureerde vraelys is gebruik. Geen prakties betekenisvolle verskille is tussen die verskillende ouderdoms- of rasgroepe se opinie oor enige van die stellings gevind nie. Die studie dui ook daarop dat ‘n prakties betekenisvolle laer verhouding Suid-Afrikaanse vroue, van beide ouderdoms- en rasgroepe, ‘n positiewe opinie oor die gesondheidsvoordele van soja as HVT en verligter van menopousale simptome gehad het as oor soja se voordele om kardiovaskulêre siektes en osteoporose te voorkom. Prakties betekenisvol meer van die vroue wat soja gebruik het as dié wat dit nooit gebruik het nie, het saamgestem dat soja bene sterk hou. Meer vroue wat van die opinie was dat soja geen of min gesondheidsvoordele het nie was ook negatief teenoor die gebruik van soja as ‘n alternatief vir HVT as dié wat ‘n positiewe opinie daaroor gehad het.

