Mothers’ access to supportive hospital services after the loss of a baby through stillbirth or neonatal death
Abstract
Opsomming
In Suid-Afrika verloor 3-5% swanger moeders hulle babas deur stilgeboorte of neonatale dood. Hierdie moeders benodig voldoende dienste om komplikasies in die rouproses te verhoed. Die behandeling deur mediese personeel is uiters belangrik omdat die meeste van dié babas in ‘n hospitaalopset sterf. Hierdie studie het moeders se ervarings van die toeganklikheid van hospitaal-, godsdienstige, formele en sosiale dienste na die dood van hulle babas deur stilgeboorte of neonatale dood ondersoek. Toegepaste navorsing is met behulp van ‘n verkennende navorsingsontwerp gedoen. ‘n Semi-gestruktureerde onderhoudskedule is gebruik met ‘n steekproef van 15 moeders wat hulle babas in die vorige 5 jaar verloor het. Die bevindinge is kwantitatief en kwalitatief ontleed. Hierdie artikel fokus primêr op die kwantitatiewe bevindinge wat op hospitaaldienste van toepassing is. Die steekproef was klein en bevindinge kan nie veralgemeen word nie, maar gevolgtrekkings en aanbevelings word gemaak vir diensverskaffers in hospitale wat met moeders werk wat hul babas verloor het. Respondente het die ondersteuningsdienste by hospitale oor die algemeen as onvoldoende ervaar in vergelyking met dít wat hospitale behoort aan te bied. Moeders wat wel ondersteuning na die verlies van ‘n baba ontvang, funksioneer oor die algemeen beter. Die ondersteuning help hulle in die rouproses. Hospitaalpersoneel kan opgelei word om hierdie dienste te verskaf.

