Exposure to domestic violence during pregnancy: Perceptions and coping mechanisms of a vulnerable group
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om swanger vroue se persepsies in verband met gesinsgeweld verkennend te beskryf. ’n Kwantitatiewe, verkennende en beskrywende ontwerp is gebruik. Die studie was ook kontekstueel in ontwerp. Die populasie het uit swanger vroue bestaan wat in ’n verwysingshospitaal in Windhoek, Namibië, opgeneem is. Daar is bevind dat sommige persepsies deur biografiese veranderlikes bepaal word soos geletterdheidsvlak, ouderdom en ekonomiese status. In sekere gevalle is gevind dat die persepsies van swanger vroue ooreenstem met bevindinge in bestaande literatuur deurdat sosio-ekonomiese omstandighede en familieverpligtinge hulle dwing om gesinsgeweld te verduur. Daar word aanbeveel dat hierdie verskillende persepsies gedurende beradingsessies met swanger vroue of tydens gesondheidsopvoeding in ag geneem word.

