Organisational culture of hospitals to predict turnover intentions of professional nurses
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om te bepaal of organisasie-kultuur arbeidsomset-voornemens van professionele verpleegkundiges voorspel. ‘n Voorspellingsmodel met organisasiekultuur en verskeie voorgestelde tussenkomende veranderlikes, naamlik kennisdeling, organisasieverbintenis, organisasie-burgerskapsgedrag en werkstevredenheid, asook verskeie demografiese veranderlikes was ontwikkel deur Algemene Liniêre Modellering. ’n Korrelasie-ontwerp met behulp van vraelyste is gebruik. ‘n Steekproef van professionele verpleegkundiges (N = 530) in private en provinsiale hospitale is verkry. Die resultate toon dat organisasie-kultuur betekenisvol negatief korrelleer met arbeidsomsetvoornemens. Organisasiekultuur het ook in interaksie met werkstevredenheid en kennisdeling, asook die kategorie blanke verpleegkundiges in ‘n finale model arbeidsomsetvoornemens verlaag en saam met organisasieburgerskapsgedrag arbeidsom-setvoornemens verhoog. Daar word aanbeveel dat werkgewers oorweging skenk aan intervensies wat die organisasiekultuur gunstiger maak om personeel te behou.

