Mothers’ experiences of labour in a tertiary care hospital
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om moeders se belewenis van kindergeboorte in ’n tersiêre hospitaal in die Limpopo Provinsie te verken en te beskryf. Dit is gedoen deur middel van kwalitatiewe navorsing wat verkennend, beskrywend, en kontekstueel was. ‘n Steekproef van 24 moeders het aan die studie deelgeneem. Inligting is verkry deur middel van ongestruktureerde in-diepte onderhoude. Hierdie inligting is geanaliseer aan die hand van Tesch (1990: aangehaal in Creswell, 1994:155) se protokol. Die volgende kategorieë is geïdentifiseer, wedersydse deelname en gedeelde verantwoordelik- hede, afhanklikheid en besluitneming, deel van inligting, bemagtiging tot outonomie en ingeligte keuse, oop kommunikasie en luister, akkommoderende/nie-akkommoderende vroedvrou-aksies en bevordering van menslike en materiële infrastrukture. Die resultate van die onderhoude het belewenisse blootgelê wat dui op die bevordering van afhanklikheid in vroedvrouversorging. Riglyne om hierdie afhanklikheid te verander in ‘n moedergesentreerde benadering word verskaf.

