Caregiver experiences and perceptions of stroke
Abstract
Opsomming
Met die toenemende voorkoms van beroerte in ontwikkelende lande bring die langdurige versorging van pasiënte met gestremdheid beduidende gevolge vir sorggewers en hulle onderskeie gesinne mee. Aangesien die sorggewer ‘n sleutelrol in die rehabilitasie van die beroertepasiënt speel, behels die doelstellings van hierdie studie ‘n ondersoek na die verwikkeldhede van versorging, wat sowel persepsies as ondervinding van die gesondheidsorgstelsel insluit. Semi- gestruktureerde onderhoude is aangewend om die na-beroerte ondervindings van ses sorggewers te peil. Die uitdaging wat die Suid- Afrikaanse konteks tot hierdie ondervindings meebring is ondersoek. Die data is kwalitatief deur middel van tematiese en inhoudsanalise ontleed. Prominente temas wat verbandhou met sorggewing sluit in: rolverandering en verhoudingsteurnisse binne die huisgesin, beroeps- en sosiale implikasies, uitputting, angs, depressie, eensaamheid, frustrasie sowel as finansiële probleme. Die probleme van sorggewers word vererger deur ontoereikende steunstrukture. Die resultate word binne ‘n biopsigososiale benadering ontleed, en saamgevat met
probleme wat sorggewers uitspreek ten opsigte van die steun wat hulle van die gesondheidsorgstelsel benodig om tuisgebaseerde sorg te kan voorsien.

