Health promotion needs of Hammanskraal families with adolescents orphaned by HIV/AIDS
Abstract
adolescents orphaned by human immunodeficiency virus or acquired immune deficiency syndrome (HIV/AIDS). The research was located within a qualitative paradigm that is both exploratory and descriptive. Eight families who were purposely selected participated in the research process. Qualitative methods, such as group interviews and field notes were utilised to collect data. The health promotion needs of the families with adolescents orphaned by HIV/AIDS were explored and described. Tesch’s analysis process, which entails a series of steps, was followed (Creswell, 2003:192). Themes, categories and subcategories that form the central focus of health promotion needs emerged during the data analysis. These themes,categories and subcategories are used to develop guidelines for health promotion.
Opsomming
Die bevordering van gesondheid is die hoeksteen van gesondheid. Dit is die aksie wat van individue en familie verwag word, sodat hulle hul eie gesondheidstoestand kan verbeter. Die bevordering van gesondheid is ‘n kuns en ‘n wetenskap, wat geïntegreer is in primêre gesondheidsorg, om bestaande gesondheidsprobleme te verminder (Edelman & Mandle, 2002:16). Die doel van die navorsing, waarna in hierdie artikel verwys word, was om uit te vind wat die gesondheidsorgbehoeftes van families, met adolessente wat wees gelaat is as gevolg van menslike immunogebrek virus of verworve immuungebrek sindroom (MIV/VIGS), is, en dit te beskryf. Die navorsing was binne die raamwerk van ‘n kwalitatiewe paradigma, wat eksplorerend en beskrywend is. Agt families, wat vir die doel geselekteer is, het aan die navorsing deelgeneem. Kwalitatiewe metodes, soos groepsonderhoude en veldnotas, is gebruik om data in te samel. Die gesondheidsorg-behoeftes van die families, met adolessente wat wees gelaat is as gevolg van MIV/VIGS, is ondersoek en beskryf. Tesch se analiseproses, wat uit ‘n aantal stappe bestaan, is gevolg (Creswell, 2003:192). Temas, kategorieë en sub- kategorieë, wat die sentrale fokus van die gesondheidsorgbehoeftes vorm, het uit die data-analise na vore gekom. Hierdie temas, kategorieë en sub-kategorieë, is gebruik om riglyne te ontwikkel vir gesondheidsbevordering.

